Nog n Vadersdag

Hy was eerste n man vir my ma. Toe, saam met haar n ouer vir sy kinders. Hy het verstaan watter krag daarin lê om saam te staan. Hy en Ma was n united front.

Hy was liefdevol, en hy was geliefd. Hy het nooit iemand uitgesluit nie. Ook nie vir my nie, al het ek hoé drooggemaak. Maar ek sou weet wat hy daarvan dink. Ferm en beslis. So het hy ons geleer om eienaarskap te vat van ons keuses, ons lewe, ons omstandighede. Op watter beter manier leer jy iemand om nie n slagoffermentaliteit te hê nie? Jy leer hom van eienaarskap. Jy leer hom van oorsaak en gevolg al breek jou hart.

Jy kon hom nie manipuleer nie, want hy was nooit onseker oor sy waardes nie. En hy het gehou by wat waar, eerlik en deursigtig was. Hy het my geleer van persoonlike groei en dat mens tog nie moet stagneer nie. Daar is niks om op te roem as jy reken jy is dieselfde mens as 20 jaar terug nie!

Hy was lojaal. Aan sy vrou, aan sy kinders, aan sy vriende en sy kollegas. Hy het seergekry as hy tenagekom is en hy het seerder gekry as hy n verhouding moes agterlaat. Hy het eenheid nagestreef en al het ons gesin ons issues gehad, het hy dit nooit onaangespreek gelaat nie. Daar lê niks onder die mat in my grootwordhuis nie, want ons was nie bang nie. Ons is geleer om moed te hê en die dinge wat die sagte vleisies in ons harte en ons siele brand, rasioneel in die oë te kyk en aan te vat. Ons het ewe hard gelag en gefight in ons huis, want fight was nie sonde nie.

Hy het die wonderlikste stories vertel.

Hy was lief vir tale en hy kon spel.

Hy het Ma laat lag.

Hy was ontsettend lief vir sy honde.

Hy was my anker en my rots.

Hy was lief vir my.

Hy was n man so na my hart.

Hy was my pa.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s